“Jy moet nou regkom”; “Jy moet lekker wees”; “Toemaar, more voel jy weer beter”; “Jy moet miskien meer me-time met die Here hê”; “het jy al ‘n spritual healer probeer”; “dis ‘n nuwe jaar, jy moet rekom” ens……

http://socialad.files.wordpress.com/2008/08/social-anxiety.jpg
Hierdie is maar ‘n paar sêgoed waarmee ek moet deel. Dis baie duidelik dat mense nie ‘n idee het wat depressie werklik is nie. Om vir ‘n dag of ‘n maand depressed te wees, miskien ‘n antidepressant vir ‘n maand of ses te drink, en dan weer heeltemal ok te wees, is nié depressie nie! En as daar nog ‘n angs steurnis by is, is dit nie sommer net vir “regkom” nie. Dit vat tyd, en werk, en baie gewroeg en baie trane. The Pines Lifeskills Clinic sê : “In die geval van angssteurnisse, waarvan daar baie is, bestaan die wanopvatting dat die persoon homself net moet regruk. In werklikheid is die persoon glad nie in staat om dit te doen nie en ervaar dan ‘n intense gevoel van hulpeloosheid in die poging om in beheer te bly.”
En dan word die onderwerp ook heeltemal vermy in ‘n geselskap. Almal sal praat oor Fred se hart probleem, of dié een se rugprobleem of daai een se verkoue, maar depressie is ‘n groot no-no. Dis nie ‘n aanvaarbare siekte vir almal nie. En dis wat dit is: ‘n siekte soos enige ander siekte. ‘n Baie alleen-siekte. Daar is ‘n chemiese wanbalans in die brein wat met medikasie reggestel moet word. Maar om die regte medikasie te kry neem tyd aangesien antidepressante eers na ‘n goeie 6 weke wys of dit help of nie. Met ‘n angs steurnis op die koop toe, bemoeilik dit die saak. My siekte is nou gediagnoseer as angs steurnis wat dan depressie veroorsaak, en nie anders om soos in die verlede gediagnoseer is nie. “I always thought I was just a worrier. I’d feel keyed up and unable to relax. At times it would come and go, and at times it would be constant. It could go on for days. I’d worry about what I was going to fix for a dinner party, or what would be a great present for somebody. I just couldn’t let something go.” Dis so ‘n waar beskrywing van hoe ek voel.
Ek is besig om ‘n boek te lees van Sally Brampton: Shoot the damn dog – a memoir of depression. Ek wil partykeer sommer die boek in ‘n vriendin se hand druk en sê: lees dit. Miskien sal jy dit dan verstaan. Maar in plaas van dit te doen, keer ek terug na my eie alleenheid. Hier binne waar niemand my pyn en hartseer kan sien nie. Hier binne waar ek alleen huil oor mense wat my, onbewustelik, seermaak.
In dié boek vertel die skryfster hoe sy in en uit ‘n psigiatriese saal by ‘n hospitaal was. Ek daarenteen, het die voorreg om in ‘n kliniek opgeneem te word waar die pasiënte soos konings en koninginne behandel word. ‘n Veilig hawe teen ‘n wêreld wat jou nie ‘n plekkie in die son gun nie. Ek dank die Here elke dag vir my man en kinders, wat by my staan en probeer verstaan waardeur ek gaan. Sally gee in haar boek die volgende statistiek: “Severe depression affects more than 120 million people worldwide and more than 5 million in the UK. By 2020, according to the World Health Organisation, it will be one of the world’s most debilitating conditions, second only to heart disease. Is that distress? Or is it a major illness?”
Hierdie boek het so ‘n indruk op my gemaak dat ek aanhalings daaruit wil maak omdat dit so goed gestel is: “While scientists debate whether depression is an illness of body or mind, or both, one thing is urgently true for the depressive. The sadness that comes from sickness needs addressing. One of the most corrosive aspects of depression is despair. I know it well, and it is catastrophic. It leads to hopelessness, helplessness and a terrible, frightening sense of loneliness. It feels impenetrable and unendurable. You know that you shouldn’t feel that way, but you do. It is real.”
Wanneer jy deur dié nagmerrie leef, wil jy net so graag hê dat iemand jou hand moet vashou. Jy verwag nie dat iemand die nagmerrie moet wegneem nie, maar jy het hulp en aandag nodig. Praat my my daaroor…. ek het nie ‘n aansteeklike siekte nie. Dit is wat so goed is van die kliniek. Ons verstaan mekaar en maak grappies oor ons eie ervarings. Ons lag saam en huil ook saam omdat ons mekaar so goed verstaan. En as iemand die dag nie lekker voel nie, tel ‘n drukkie of ‘n tik op die skouer soveel punte. Partykeer wil jy net praat oor hoe jy voel, en as daar niemand is wat wil luister nie, keer jy net terug na jou binnekamer waar jy alleen is. Dan kom die vraag: hoekom? Ek verwag nie dat jy my terapeut moet wees nie, en ek verwag nie dat jy alles moet verstaan nie. Jy hoef eintlik niks te sê nie; wees net daar vir my.
“There is a word that’s forbidden in therapy.
FINE.
‘How are you today?’
‘I’m fine.’
In truth, I may be happy or sad, or anxious or irritable. I may be bewildered or lonely, perplexed or depressed. I may be elated or despondent, tired or confursed.
But to you, I am just fine.
Fine, in therapy, stands for:
F….d up
Insecure
Neurotic
Emotional”
Om te gaan hulp soek is nie altyd so maklik nie. Ek wil nie elke keer al die ou goed weer opdiep nie. Ek wil nie oor en oor dieselfde goed deurgaan en beleef nie. Maar soos jy jou GP uitsoek tot jy by die regte een kom, so soek jy ook jou Psigiater en Sielkundige uit. As jy nie aanklank vind nie, help dit nie dat jy jou geld mors nie. En as die medikasie wat vir jou voorgeskryf word nie werk nie, en jou dokter luister nie na wat jy sê nie, moet jy weet dat dit tyd geword het om aan te beweeg. Gaan soek iemand om mee te praat. Vra vir almal of hulle iemand kan aanbeveel. Want “word of mouth” is die beste verwysing wat daar is. En dis wat ek moes doen. Ek is vir jare deur medikasie en terapie wat nie gewerk het nie, en uiteindelik moes ek die besluit neem of ek beter hulp gaan soek. Maar om so siek te voel en sulke groot besluite te moes neem, is nie ‘n maklike ding nie. As ek nie Fred se ondersteuning en my kinders se input gehad het nie, sou ek seker niks verander het nie. Dit is nogal opvallend hoe baie mense nie die verskil ken tussen ‘n Psigiater en Sielkundige nie. Dit verduidelik seker hoekom mense nie die geestes siektes verstaan nie. My raad is dus: as jy nie van jou terapeut hou nie, of nie aanklank vind nie…. gaan soek iemand anders.
Om deur terapie te werk, maak baie dinge vir jou duidelik. Dan ondersoek jy jou eie menswees, jou gene, familie en kinderdae. Nie dat mens dit geniet nie – dis nie lekker om jou verlede uit te rafel en foute en tekortkominge te erken nie. Of die seer wat dit veroorsaak het nie. In Engels is daar ‘n saying wat sê: “it’s never too late to have a happy childhood”. Ek sou dit wil verander na: Dis nooit te laat om te verhoed dat ongelukkige kinderdae ons ongelukkige grootmense laat word nie. Goeie terapie laat ons egter nie vasval in gister en die verlede nie. Dit help ons verstaan hoekom ons sekere dinge doen en hoe om dit te oorkom. Maar na, en tydens, terapie is die groot werk slegs joune….. jy moet dit wat jy leer toepas in jou lewe, hoe moeilik dit ookal mag wees. Terapie gee vir ons die know how, en die toepas daarvan is nie so maklik nie. Jy moet die heeltyd bedag wees op jou doen en late, jou gedagtes en dit wat om jou aangaan. Oor en oor moet jy met jouself praat. En partykeer is dit net makliker om sommer net te wees.
En tog mislei jy jouself ook partykeer. Jy sê jy voel beter, en glo dit vir die oomblik, om net later te besef dat dit ‘n valse front is wat jy voorhou. Die hoop dat die medikasie jou gaan help is so groot, dat jy glo dit help, en dan skielik kom jy agter dat jy nog steeds mense vermy, en nie ‘n geselskap kan voer nie. Dat jy baie vatbaar is vir ander se opinies en die kleinste dingetjie aan jou lyf kom sit. Dan is dit “back to the drawing board”. Dit moet erken word en mee gewerk word.