Category: Gedagtes


As daar een uitstaande kenmerk is van verligte denke, dan is dit om te LUISTER. Die meeste mense is gekondisioneer om aanhoudend te praat, maar min mense LUISTER werklik.
Maak dit vandag jou doelwit om stil te wees. Nie net met jou mond nie, maar ook in jou hart. Luister bietjie doelbewus na geluide om jou, kyk om jou rond en neem werklik in wat jy sien. Identifiseer verskillende gevoelens in jou binneste en release enige vorm van negatiwiteit. Beleef elke oomblik deur jou sintuie en luister na wat mense sę sonder om vooraf die antwoord gereed te hę.
Waar jy jou ook al bevind, dit is die heel beste plek waar jy nou kan wees. Wees stil en wees dankbaar. Wees net wie jy werklik is!
-Salmon Vermaak-

Vanoggend moes ons net na 8 uur lughawe toe ry om vir Michael daar te gaan aflaai.  Dit was natuurlik spits tyd op ons beroemde paaie.  Om daarheen te ry was nie te besig nie, maar met die terugkom slag was ons vasgevang in die ry-stop situasie van mense wat by hul werk of bestemmings wou uitkom.  Ons was maar heel rustig, en het al die mense en motors bekyk.  So skuins voor ons in die linkerbaan was daar ‘n groot trok wat blykbaar groente en vrugte vervoer het.  Die trok was natuurlik heeltemal toe.  Skielik verskyn daar twee jong mannetjies, klim op agter teen die trok, ruk die deur oop en loer binne.  Die verkeer begin weer beweeg.  Die voorste een het op dié stadium reeds binne in die trok in verdwyn, en ‘n derde persoon het sommer so in die beweging ook opgespring.  Die 1ste een kom uit met ‘n boks in die hande.  Hy spring met boks en al, in die beweging, op die grond dat die boks uit sy hande val, maar hy gryp dit so vinnig en hardloop.  Die ander twee is toe reeds by en voor ek my oë knip is hulle weg, tussen die motors deur.  Die trok se deur swaai steeds heen en weer, want daar was nie vir hulle tyd om dit toe te maak nie – ek glo ook nie dit was hul plan nie.  So paar tree verder het ons by die trok verby gegaan, en probeer om sy aandag te trek, maar ek vermoed hy het op daardie stadium reeds onraad vermoed, en probeer stop.

Als het so vinnig gebeur.  Dis asof daar ‘n visioen by jou verby sweef en jy behoorlik gemesmeraais is.  Ongelooflik.

“Jy moet nou regkom”; “Jy moet lekker wees”; “Toemaar, more voel jy weer beter”; “Jy moet miskien meer me-time met die Here hê”; “het jy al ‘n spritual healer probeer”; “dis ‘n nuwe jaar, jy moet rekom” ens……

http://images.google.co.za/imgres?imgurl=http://socialad.files.wordpress.com/2008/08/social-anxiety.jpg&imgrefurl=http://socialad.wordpress.com/&usg=__AGKdvnxypLoSjxxcQPUNV382d7E=&h=400&w=400&sz=9&hl=en&start=53&um=1&tbnid=Jf8-6j3KhDGj7M:&tbnh=124&tbnw=124&prev=/images%3Fq%3Danxiety%2Bdisorder%26ndsp%3D18%26hl%3Den%26rlz%3D1T4WZPA_enZA212ZA222%26sa%3DN%26start%3D36%26um%3D1

http://socialad.files.wordpress.com/2008/08/social-anxiety.jpg

Hierdie is maar ‘n paar sêgoed waarmee ek moet deel.  Dis baie duidelik dat mense nie ‘n idee het wat depressie werklik is nie.  Om vir ‘n dag of ‘n maand depressed te wees, miskien ‘n antidepressant vir ‘n maand of ses te drink, en dan weer heeltemal ok te wees, is nié depressie nie!  En as daar nog ‘n angs steurnis by is, is dit nie sommer net vir “regkom” nie.  Dit vat tyd, en werk, en baie gewroeg en baie trane.   The Pines Lifeskills Clinic sê :  “In die geval van angssteurnisse, waarvan daar baie is, bestaan die wanopvatting dat die persoon homself net moet regruk. In werklikheid is die persoon glad nie in staat om dit te doen nie en ervaar dan ‘n intense gevoel van hulpeloosheid in die poging om in beheer te bly.”

En dan word die onderwerp ook heeltemal vermy in ‘n geselskap.  Almal sal praat oor Fred se hart probleem, of dié een se rugprobleem of daai een se verkoue, maar depressie is ‘n groot no-no.  Dis nie ‘n aanvaarbare siekte vir almal nie.  En dis wat dit is: ‘n siekte soos enige ander siekte.  ‘n Baie alleen-siekte.  Daar is ‘n chemiese wanbalans in die brein wat met medikasie reggestel moet word.  Maar om die regte medikasie te kry neem tyd aangesien antidepressante eers na ‘n goeie 6 weke wys of dit help of nie.  Met ‘n angs steurnis op die koop toe, bemoeilik dit die saak.  My siekte is nou gediagnoseer as angs steurnis wat dan depressie veroorsaak, en nie anders om soos in die verlede gediagnoseer is nie. “I always thought I was just a worrier. I’d feel keyed up and unable to relax. At times it would come and go, and at times it would be constant. It could go on for days. I’d worry about what I was going to fix for a dinner party, or what would be a great present for somebody. I just couldn’t let something go.” Dis so ‘n waar beskrywing van hoe ek voel.

Ek is besig om ‘n boek te lees van Sally Brampton: Shoot the damn dog – a memoir of depression.  Ek wil partykeer sommer die boek in ‘n vriendin se hand druk en sê: lees dit.  Miskien sal jy dit dan verstaan.  Maar in plaas van dit te doen, keer ek terug na my eie alleenheid.  Hier binne waar niemand my pyn en hartseer kan sien nie.  Hier binne waar ek alleen huil oor mense wat my, onbewustelik, seermaak.

In dié boek vertel die skryfster hoe sy in en uit ‘n psigiatriese saal by ‘n hospitaal was.  Ek daarenteen, het die voorreg om in ‘n kliniek opgeneem te word waar die pasiënte soos konings en koninginne behandel word.  ‘n Veilig hawe teen ‘n wêreld wat jou nie ‘n plekkie in die son gun nie.  Ek dank die Here elke dag vir my man en kinders, wat by my staan en probeer verstaan waardeur ek gaan.  Sally gee in haar boek die volgende statistiek: “Severe depression affects more than 120 million people worldwide and more than 5 million in the UK.  By 2020, according to the World Health Organisation, it will be one of the world’s most debilitating conditions, second only to heart disease.  Is that distress?  Or is it a major illness?”

Hierdie boek het so ‘n indruk op my gemaak dat ek aanhalings daaruit wil maak omdat dit so goed gestel is:  “While scientists debate whether depression is an illness of body or mind, or both, one thing is urgently true for the depressive.  The sadness that comes from sickness needs addressing.  One of the most corrosive aspects of depression is despair.  I know it well, and it is catastrophic.  It leads to hopelessness, helplessness and a terrible, frightening sense of loneliness.  It feels impenetrable and unendurable.  You know that you shouldn’t feel that way, but you do.  It is real.”

Wanneer jy deur dié nagmerrie leef, wil jy net so graag hê dat iemand jou hand moet vashou.  Jy verwag nie dat iemand die nagmerrie moet wegneem nie, maar jy het hulp en aandag nodig.  Praat my my daaroor…. ek het nie ‘n aansteeklike siekte nie.   Dit is wat so goed is van die kliniek.  Ons verstaan mekaar en maak grappies oor ons eie ervarings.  Ons lag saam en huil ook saam omdat ons mekaar so goed verstaan.  En as iemand die dag nie lekker voel nie, tel ‘n drukkie of ‘n tik op die skouer soveel punte.  Partykeer wil jy net praat oor hoe jy voel, en as daar niemand is wat wil luister nie, keer jy net terug na jou binnekamer waar jy alleen is.  Dan kom die vraag: hoekom? Ek verwag nie dat jy my terapeut moet wees nie, en ek verwag nie dat jy alles moet verstaan nie.  Jy hoef eintlik niks te sê nie; wees net daar vir my.

“There is a word that’s forbidden in therapy.

FINE.

‘How are you today?’

‘I’m fine.’

In truth, I may be happy or sad, or anxious or irritable.  I may be bewildered or lonely, perplexed or depressed.  I may be elated or despondent, tired or confursed.

But to you, I am just fine.

Fine, in therapy, stands for:

F….d up
Insecure
Neurotic
Emotional”

Om te gaan hulp soek is nie altyd so maklik nie.  Ek wil nie elke keer al die ou goed weer opdiep nie.  Ek wil nie oor en oor dieselfde goed deurgaan en beleef nie.  Maar soos jy jou GP uitsoek tot jy by die regte een kom, so soek jy ook jou Psigiater en Sielkundige uit.  As jy nie aanklank vind nie, help dit nie dat jy jou geld mors nie.  En as die medikasie wat vir jou voorgeskryf  word nie werk nie, en jou dokter luister nie na wat jy sê nie, moet jy weet dat dit tyd geword het om aan te beweeg.  Gaan soek iemand om mee te praat.  Vra vir almal of hulle iemand kan aanbeveel.  Want “word of mouth” is die beste verwysing wat daar is.  En dis wat ek moes doen.  Ek is vir jare deur medikasie en terapie wat nie gewerk het nie, en uiteindelik moes ek die besluit neem of ek beter hulp gaan soek.  Maar om so siek te voel en sulke groot besluite te moes neem, is nie ‘n maklike ding nie.  As ek nie Fred se ondersteuning en my kinders se input gehad het nie, sou ek seker niks verander het nie.  Dit is nogal opvallend hoe baie mense nie die verskil ken tussen ‘n Psigiater en Sielkundige nie.  Dit verduidelik seker hoekom mense nie die geestes siektes verstaan nie.  My raad is dus:  as jy nie van jou terapeut hou nie, of nie aanklank vind nie…. gaan soek iemand anders.

Om deur terapie te werk, maak baie dinge vir jou duidelik.  Dan ondersoek jy jou eie menswees, jou gene, familie en kinderdae.  Nie dat mens dit geniet nie – dis nie lekker om jou verlede uit te rafel en foute en tekortkominge te erken nie.  Of die seer wat dit veroorsaak het nie.  In Engels is daar ‘n saying wat sê: “it’s never too late to have a happy childhood”.  Ek sou dit wil verander na:  Dis nooit te laat om te verhoed dat ongelukkige kinderdae ons ongelukkige grootmense laat word nie.  Goeie terapie laat ons egter nie vasval in gister en die verlede nie.  Dit help ons verstaan hoekom ons sekere dinge doen en hoe om dit te oorkom.  Maar na, en tydens, terapie is die groot werk slegs joune….. jy moet dit wat jy leer toepas in jou lewe, hoe moeilik dit ookal mag wees.  Terapie gee vir ons die know how, en die toepas daarvan is nie so maklik nie.  Jy moet die heeltyd bedag wees op jou doen en late, jou gedagtes en dit wat om jou aangaan.  Oor en oor moet jy met jouself praat.  En partykeer is dit net makliker om sommer net te wees.

En tog mislei jy jouself ook partykeer.  Jy sê jy voel beter, en glo dit vir die oomblik, om net later te besef dat dit ‘n valse front is wat jy voorhou.  Die hoop dat die medikasie jou gaan help is so groot, dat jy glo dit help, en dan skielik kom jy agter dat jy nog steeds mense vermy, en nie ‘n geselskap kan voer nie.  Dat jy baie vatbaar is vir ander se opinies en die kleinste dingetjie aan jou lyf kom sit.  Dan is dit “back to the drawing board”.  Dit moet erken word en mee gewerk word.

Gedagtes

are_your_thoughts_killing_you

in die donker van die nag
word klein gedagtes groot
ou gedagtes nuut

die vrae van die jongeres
staan skielik groot en swart
waarom dan ek waarom

die pyn wat in haar hart is
vind weerklank in ‘n ander
ongenooid en ongevraagd

want skielik is albei se pyn eenders
maar tog staan dit apart
die oorsaak vêr verwyderd van mekaar

ag Here sien tog die worsteling
antwoord asseblief die vrae
en maak die harte rustig

APIE GEKLETS

Apiegeklets

Die Apiegeklets

APIE GEKLETS…. wat ‘n beskrywende woord.  Dis nie ‘n woord wat in ‘n woordeboek voorkom nie, maar vir iemand wie se gedagtes nie tot rus wil kom as dit slaaptyd word nie, is dit absoluut beskrywend.  Want terwyl jy dan op die bed lê met jou oë toe en wag dat die slaap moet kom, begin die apies met hul geklets hier in jou kop.   Jy kan later nie kop of stert daarvan uitmaak nie.  Dit gaan woes.  Almal praat gelyk en die slaap raak al hoe verder weg.

Dié pragtige woord het ek een oggend oor die radio gehoor toe ‘n psigiater gepraat het oor stress hantering.  Hoe baie het ek nie al daaroor (stress) gelees en navorsing gedoen nie.  En dis mos maar ‘n siekte van ons tyd – en elkeen probeer hanteer dit op sy eie manier.

Hoe baie het ons nie in ons jong dae gedroom van aftrede nie.  Wat ons sou doen, hoe ons sou toer, en moontlik ‘n huisie by die see, ens ens.  En ons het gedink dat ons voorsien het vir ons oudag.  Maar die lewe loop nie altyd met jou op paaie waarvan jy hou nie.  En is dit maar moeilik om altyd positief te bly.  Deesdae, met die ekonomie wat in sy peetjie in is, en met alles wat so duur is, word dit ook nie makliker nie.

Ons het egter so baie waarvoor ek dankbaar is.  Daarom wil ek hoegenaamd nie die indruk skep dat ek wil kla nie.   Ek probeer net op skrif bietjie orde in my kop kry.  Ja, ek vra baie vrae (van daar seker die apie geklets:-)), en kry nie altyd die antwoorde wat ek soek of wil hê nie.   Ja, ons moet die rieme maar dun sny deesdae, soos almal wereldwyd dit seker ondervind.  Dit verg nogal partykeer naelbyt, en natuurlik sit my blaas mos onder my oë.

Ek het lanklaas geskryf.  Ek wonder nogal hoekom dit nie meer so maklik kom nie.  Die woorde wil ook nie vloei vanaand nie…. seker omdat ek al so moeg is… en die slaap bly my ontwyk.

Bevoorreg – die Kritzinger/Eksteen vertalende woordeboek sê dit beteken: voorregte gee; begunstig; welgesteld.  Dit is wat ek is om hier, in die middel van die dag, te kan voor my rekenaar sit en gedagtes uitryg.  Ek is dus ‘n voorreg gegee om nie meer in die korporatiewe wêreld vir myself  ‘n plekkie in die son te probeer uitbaklei nie; eks is begunstig dat ek tuis kan bly en my besig hou met dinge waarvan ek hou en waarvoor ek lief is; en welgesteld omdat my lewe vol is van die liefde van God, my dierbare man, ons pragtige kinders en my getroue vriendinne.

Ek is vanoggend weer so dankbaar vir soveel seëninge, en dan maak dit my hartseer dat, ten spyte van al die goeie dinge, ek tog van tyd tot tyd weer baklei teen die donker gat.  Vandag is egter te mooi om my tyd te mors om daaroor te dink.  Vandag het ek die pakkie mooi opgemaak en aan die voete van Jesus gaan neerlê.  Dit is nou in Sy hande.  Vir vandag gaan ek voluit leef, die website ‘n go gee, en gelukkig wees.  Die son skyn helder daar buite, dis heerlik warm en ek sit heerlik in ‘n koel huis.

Groete aan jou, as jy dalk vandag by my hoekie inloer.

2008 lê op sy rug. Nog ‘n paar stuiptrekkings en nog ‘n jaar is verby. Vir altyd verby. En vandag is dit presies ‘n jaar gelede dat ek ABSA se stof finaal van my voete afgeskud het. ‘n Wens wat waar geword het in 2007 en ‘n baie groot voorreg!

Dit was ‘n jaar vol hoogtepunte. ‘n Tyd waarin ek dinge kon doen wat ek nooit geglo het sal ooit gebeur nie. ‘n Tyd waar vergete drome bewaarheid is. ‘n Tyd wat te vinnig verby is.

Nooit is ‘n lang tyd. En dit is wat ek gedink het: ek sal nooit vir Marli en Walter oorsee kan gaan kuier nie, of ooit oorsee kan gaan nie. Nooit Switserland met sy Alpe sien nie. Juis daarom was ons verjaardag geskenke van ons kinders af, in die vorm van vliegtuigkaartjies Duitsland toe, ‘n baie, baie groot en wonderlike verrassing! “Wees versigtig vir wat jy wens” is die gesegde…. dis weereens as ‘n feit bewys.

Die eerste 5 maande van hierdie jaar was baie besig. Dit was heerlik om so reëlings te tref. Vir mense wat gereëld oorsee gaan, is dit seker maar net nog ‘n vakansie. Vir my was dit iets nuut. Het nie besef daar is so baie dinge wat gereël moet word, en so baie goed waaraan aandag gegee moet word nie. Die grootste probleem natuurlik om paspoorte te kry. Die ure se gestaan by Binnelandse Sake. Die gesoek na genoeg mediese versekering. Maar dit alles was aan die einde van die dag ‘n wonderlike ondervinding. En het ek die uitdaging wat ek aan myself gestel het gedurende hierdie tyd, tot uitvoer gebring. En net voor ons vertrek ‘n besoek van Mark om te kom groet, wat vir ons baie beteken het.

Ons het wonderlike ondervinding en wonderlike ervarings gehad in die 3 maande in Duitsland saam met Marli en Walter. Ons het Kersfees in Junie gevier, en Marli se verjaardag vir dae aanmekaar gevier. Ons het Kent en London besoek, baie plekke in Duitsland besoek, en deur Frankryk gery op pad Switserland toe. Die belewenis om die Alpe in al sy grootsheid te aanskou, daarop te loop, te ry, en daaroor te vlieg, was wonderlik. Die paragliding bo Interlaken ‘n ondervinding wat ek nooit, ooit sal vergeet nie! Ons het met die vinnige trein en die stadige treine gery, ons het die Duitsers en hul taal en gewoontes ervaar, op eie stoom later die openbare vervoer aangedurf, kilometers op ‘n dag gestap en baie bier gedrink en “apfel strudel” geëet. En ‘n “strassenfest” bygewoon. Ons het die katte en al hul maniertjies geniet, en urelank probeer om Tigi se vertroue te wen. Die Cologne Katedraal was ‘n hoogtepunt en die klim van al daai trappe tot heel bo. En moenie die sjokolade vergeet nie. Ag, daars te veel om op te noem.

Die lekkerste was die heerlike kuier met die kinders. Die baie ure se gesels. Om te ervaar en met eie oë te sien hoe hulle leef – hul werkplekke te sien. Selfs van hul kollegas ontmoet. Om weer te kan voel dat ek tog nog iets vir hulle kan doen – al is dit net bietjie kos maak en hier en daar huis aan die kant te maak. Om hul liefde weer eerstehands te ervaar. Dit was wonderlik.

Maar toe die afskeid. Ons moes terugkom huis toe. Afskeid was nog nooit my sterk punt nie. Om in daardie laaste paar uur te maak asof niks gebeur het of gaan gebeur nie…. om nie my ware gevoelens te probeer wys nie, maar diep binne in my vas te hou…. dis geen maklike taak nie. Ja, ons gebruik die geykte “totsiens”, maar vir elkeen wat die woordjie gebruik beteken dit iets anders. Die hartseer groei later so vas aan jou dat jy dit moeilik verwerk.

Ons dankbaarheid aan julle wat dit vir ons moontlik gemaak het loop oor. Hoe kan ‘n mens dankie sê vir so ‘n groot voorreg. En dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader wat ons veilig bewaar het, en veilig terug gebring het huistoe. Ons dankbaarheid is ook groot dat niks of niemand ons huis en besittings geskaad het gedurende die 3 maande nie. Die blydskap groot om weer vir Rohan en Eldré te sien, en die familie en vriende wat naby is.

Die laaste 4 maande was gekenmerk deur verskillende dinge.

Lekker uitstappies saam met Rohan en Eldré met die Fortuner. Kuiertjies saam met hulle en dierbare vriende en familie wat vir ons baie beteken. Siektes en klagtes en… die swart hond. Fred wat weer skielik in die hospitaal beland het en nog stents moes kry. Onsekerheid oor sy gesondheid.

Kersfees het gekom en gegaan… dankbaar om dit weereens saam met Rohan,Eldré en Linda te kon deurbring, en nou staan ons voor ‘n splinternuwe uitdaging. ‘n Wonderlike nuwe jaar. Volgens alle voorspellings gaan 2009 nie ‘n maklike jaar wees nie. Maar as mens jou aan voorspellings moet steur, gaan jy nie gelukkig bly lewe nie.

Nuwejaars voornemens is nie deel van my samestelling nie. Want elke dag moet eintlik ‘n nuwejaarsdag wees.

Ek glo dat ‘n mens net 2 keuses het: of jy gaan die nuwe jaar binne mét geloof in die Here, of daarsonder. As ek met geloof die nuwe jaar tegemoet gaan, hoef ek my nie daaroor te bekommer nie. Dan besluit ek om elke dag te lééf, want dit is wat ek het. Aan gister kan ek niks verander nie, en van môre is ek nie seker nie. Daarom moet ek elke dag neem en die beste daarvan maak. Om gelukkig te wees in jouself is wat belangrik is. Ralph Waldo Emerson het gesê: What lies behind us, and what lies before us, are tiny matters compared to what lies within us”

Dis egter die toedien van hierdie medisyne, wat so maklik in woorde uitgedruk word, wat nie altyd maklik gesluk word nie. Dis wanneer jy skielik jou glas half leeg vind, dat dinge begin verkeerd loop. Dan moet jy kan droom, want…..

“If you have a dream…
don’t wait for some distant day to come.
It may be to late before you’ve even begun.
Not everyone will agree with all you decide -
Be true to yourself first and foremost.
The only important thing in life is what you do with the time you spend here on earth.
Don’t be afraid to follow your desires,
they are not silly nor selfish.
Take the time to do what makes you feel alive.
Leave your fears and regrets in the past,
for this is where they belong.
Don’t cloud today with things that can’t be undone.
You have no more control over yesterday or tomorrow
than you do the raging of your passions.
Do not quiet your dreams nor quench your desire.
For if you do, your journey is ended.
You have only today to begin anew and follow your dreams.
For in the end all we have are our memories.
When the twilight comes to us,
let there be no excuses, no explanations, no regrets!”
~anonymous~