Category: Ons 2008 Duitsland Vakansie


Ons besoek aan Interlaken is nog nie volledig vertel nie…..

Donderdag : 13 Augustus 2008:

Marli en Walter roer vroeg, want hulle gaan mos vandag berg klim by Muerren.  Hulle moet al teen 08:30 daar wees…. en dit beteken hulle moet al teen 06:00 vertrek.  Ek en Fred het daarna stadig begin opstaan – ons het geen definitiewe planne vir die dag nie.  Gaan net in die dorp rondloop en shop aan persentjies om saam terug te neem huis toe.  Lekker Switserse sjokolade ens.

In die middel van Interlaken Wes is daar ‘n groot “platse” – groen grasperke en baie blomme.  Terwyl ons daar ‘n oomblik vertoef, sien ons hoe ‘n klompie paracliders die een na die ander neerstryk op die gras.  Diep in my hart was die begeerte altyd daar om dit eendag te doen – maar dit is so diep weggebere, dat toe dit skielik te voorskyn kom, ek my boeglam skrik…..  Maar ek het dan hoogtevrees…. hoe verstaan ek myself dan nou?  En net daar se ek vir Fred dat ek dit wil gaan doen voor hierdie dag om is.

Ons ondersoek die moontlikheid by die kiosk waar die kaartjies verkoop word, maar ek besluit toe dis te duur.  Hoe sterker die moontlikheid geword het, hoe groter het my vrees geword.  So ek was bly om ‘n verskoning te he!

So loop ons heerlik rond in die dorp.  Daar is so baie om te sien en te beleef!

Teen 14:00 is ons op pad huis toe toe Marli bel.  Hulle is tuis en wag vir ons aangesien ons die sleutel het en hulle nie kan in die huis inkom nie.  Hulle kan nie uitgepraat raak oor hulle ondervinding nie.  Om haar eie woorde te gebruik, haal ek die stuk wat sy daaroor geskryf het hier aan:

“For a while now I have been feeling this need to go rock climbing again.  I used to love doing it, many years ago and I have always thought that it is the most exchilirating form of exercise there is… So, with this itch in me, and the knowledge that we were going to the Alps, the dream started to build that I wanted to lay my hands on the rocks of the Alps.  I could not imagine a more perpect place in which to relive this old pleasure.

The first day after arriving in Switzerland, we headed up to Muerren, a town with arguably may have the best view of a mountain in the World.  With this thought in the back of my head, I was happy to immediately see an advertisement for ‘Klettersteig’.  I knew that ‘klettern’ means to climb, and I thought that ‘steig’ means to go up, so I figured that this is what I wanted to do.

Since I haven’t done any real climbing in about 8 years, I figured that I needed a guide.  Also, the benefit of having a guide is that they bring all the necessary equipment with them.

We immediately reserved a spot for early Thursday morning to go on our first ever ‘klettersteig’ in the Swiss Alps.  I think we did not fully understand exactly what a ‘klettersteig’ meant, but knew that we would be able to do whatever it turns out to be.

What was important to me, was to climb this most beautiful mountain.  I wanted to feel my body move in harmony with this majestic rock, to become tired, to feel the sweat on my body, to breath the air of this ultra clean environment.  I wanted to experience this beauty with all my senses…. not only with my eyes, but with my skin, my hands, to breathe it, to be part of it…

There is nowhere in the world that is more inspiring than the Alps in Switzerland.  The enormity of the beauty leaves me overwhelmed.  I find that I have to come back again and again to see it, to become part of it…

And then the day arrives, and we arrive in Muerren for the start of our Klettersteig.  As it turns out, a Klettersteig means that it is a bit like a hike through the mountains, but with the assistance of metal ropes and in certain places, also ladders.

It was a bit strange for me, because it was so much easier than doing proper rock climbing… when I climbed on the ladder, it felt like I was cheating, since it should be much harder….

I will send pictures later, and also talk a bit more about the climb, but for now all I wish to say is that it was an interesting experience… As a rock climbing experience, it was not very difficult.  There was a distinct absense of the usual fear of death I have when climbing…!

Before I started the climb, I wondered if I would still have such ‘Angst’… Would I still be as petrified as I used to be when climbing?  I thought that it may have changed, since in the past few years I have experiences so many scary and new things…

And then there was no fear.  We did the whole climb, including some truly impressive rope bridge crossing… and not once did I feel any fear…

I think I have lost my fear of heights completely… Something about my life has made me see things in perspective.  I have realized that when the illusion of safety is there, then one can easily lose all fear… It is just a pity that one cannot always tell what is an illusion and what is real.”

Dit het Fred nie lank geneem voor hy alles uitgeblaker het nie, en toe Marli en Walter eers hoor van die paracliding was daar geen einde nie.  Al die tyd het ek vir myself gese dat ek dit moet doen terwyl die geleentheid hom voordoen, en gaan ek nie jammer wees dat ek dit dalk nie gedoen het nie.  Ja, die vrees vir die onbekende was daar, maar ook die wete dat ek tog nie alleen gaan sweef nie.

Na ‘n vinnige middagete vat ons weer die pad dorp toe.  Dit was in elk geval seker omtrent 500 meter van ons huis af na waar die beginpunt en bymekaarkomplek was.  Ek wou nog uitstel na more, maar toe die meisie vir ons se dat sy nog ‘n plek oophet vir 16:30 (oor bietjie meer as ‘n uur) was die koeel deur die kerk!  Ons betaal die kaartjie, en toe begin die groot wag.

Skielik het ek net rustig geword toe ek besef dat die kaartjie nou gekoop is, en daar geen terugdraai kans meer is nie.  En toe kon ek nie wag nie!

By die beginpunt aangekom het ons almal eers spesiale skoene gekry om aan te trek en toe is ons met ‘n bussie teen die berg uit na waar ons sou begin vlieg.  In die bussie het die instrukteurs, wie ons dadelik op ons gemak gestel het met hul grappies, ons aan mekaar voorgestel en ‘n oorsig gegee oor waaroor dit alles gaan.

En so begin een van die groot hoogtepunte van ons vakansie.  Bo aangekom het die instrukteurs die toerusting begin regkry en is ons verder touwys gemaak oor wat van ons verwag word, en wat ons kan verwag.  Dit was vir my ‘n groot deurbraak oor myself dat ek, vandat die besluit geneem is, geen vrees ervaar het nie.  Dit was asof iets of iemand binne in my oorgeneem het, en al my vrees net verdwyn het.  Die adrenalien het woes geklop, maar geen vlinders op die maag nie.

Ons opdrag was om saam met die instrukteur te hardloop en nie op te hou voordat ons in die lug was nie.  Ek het nogal gewonder hoe doen ‘n mens dit, maar dit het so natuurlik gekom.  Na ‘n fotosessie saam met die instrukteur met sy kamera wat saam is om alles vas te le op fotos, het hy my gehelp om vasgegordel te kom en reg te maak vir die “van die berg af hardloop”.  Wat ‘n ondervinding!!  Ek kan nie eers naastenby vertel hoe ek dit ervaar het nie – is nie naastenby genoeg van ‘n skrywer om die ervaring in woorde uit te druk nie.

Voor ek mooi besef wat aangaan toe sweef ons….. en die woorde “discover why birds sing” word ‘n werklikheid.  Hulle sing omdat hul so vry is… om te kan vlieg hoog bo die berge en riviere (of in die geval die 2 mere) en net vry te wees…. hoe ongelooflik is dit nie!

Alhoewel ons alreeds geruime tyd terug is op eie bodem, het ek nog geensins vergeet van ons vakansie in Europa nie.  Interlaken en die omgewing het net so ‘n indruk op my gemaak, en as ek die geringste kans kry sal ek weer daarheen wil gaan.  Die berge en die dorpies is prentjiemooi in my gedagtes weggebere.

Ons laaste twee dae in Interlaken was ongelooflik, met hoogtepunte besaai.  Maar laat ek vertel:

Woensdag 12 Augustus 2008:

Vandag gaan ons Zermatt toe.  Dis die moeite werd om bietjie op hul website te gaan rondtoer.  Zermatt le aan die voet van die majestieuse Matterhorn :

Matterhorn-weerkaatsing

Matterhorn-weerkaatsing

Maar nou loop ek die storie vooruit.

Ons neem die roete oor die Grimsel Pass .  Volgens Christine se ma (Marli en Walter se vriendin), is dit haar “Lieblingsstraße”.  ‘n Pad wat ons 2165m sal laat klim.  Ek kan nie eers begin om te vertel hoe dit lyk nie – hoe die pad kronkel deur die berg nie – hoe mooi dit is nie – dis iets wat ‘n mens self moet beleef om dit te kan waardeer.  Jy doen eintlik die omgewing ‘n onreg aan om dit te probeer verduidelik.  By Oberwald stop ons vir koffie.  Hier het ons reeds 1377m geklim. By Täsch (1499 m bo seespieel) los ons die motor.  Ons klim op ‘n shuttle wat ons Zermatt toe sal neem – die Matterhorn Gotthard Bahn.  Dit laai ons af in die middel van die dorpie bo op die berg.  Kyk hoe kronkel hy teen die berg:

Matterhorn-Gotthard-Bahn

Matterhorn-Gotthard-Bahn

Zermatt is natuurlik ook ‘n motorlose dorpie.  ‘n Pragtige kleurvolle plekkie met weereens baie toeriste, blomme, oulike klein winkeltjies en natuurlik die Matterhorn.  As mens tussen die huise op straatvlak deur kyk, sien jy hoe die huise agtertoe trapsgewys teen die berg uitklouter.  En die trappe!!  Van die geboue is eeue oud!  Hier is koetse en perdekarre in die strate wat toeriste en besoekers heen en weer karwei met die mooiste perde.   Ons stap ver in die straatjies om alles te bekyk en niks te mis nie.  Die Matterhorn is oop en duidelik sigbaar teen die horison.  Ongelooflik mooi!  Dis ‘n pragtige dag en heerlik warm.  In teenstelling met die Jungfrau wat nog steeds in digte mis gehul is, blink die sneeu op die Matterhorn waar dit bokant die dorpie uit troon. 

Om te verhoed dat ons dieselfde pad terug neem en weer oor die pas gaan (wat ‘n paar uur se ry beteken) besluit ons om deur die Lötschbergtunnel te gaan.  By Coppenstein klim ons met motor en al op die tonnel-trein wat ons deur hierdie tonnel sal neem.  Die tonnel-trein bestaan uit ‘n klomp “flatcars”, so gebou dat ons ons motor teen ‘n oprit moet ry en duime van die buffer van die motor voor ons parkeer.  Wanneer die trein dan vertrek haal mens die motor uit rat uit en los die stuurwiel.  En so ry ons toe deur die Alpe, binne in ons motor, bo-op ‘n trein tussen ander motors, in die donkerte vir omtrent 15 minute tot by Kandersteg.  Van hier af is dit so +-45 minute en ons is terug in Interlaken.

Wat ‘n wonderlike dag was hierdie nie!  Nog een om by te voeg by al die ander!  ‘n Bord kos en ‘n bottel wyn later, en ons is doodmoeg binne in die bed.  More oggend is dit weer vroeg roer!!

Dinsdag: 11 Augustus 2008:

Marli het verlede week verjaar.  En die persent wat sy van my wou gehad het vir haar verjaardag was ‘n foto van my ….. met die Jungfrau as agtergrond.  Die Jungfrau is die hoogste piek van ‘n groep berge in die Alpe.  Maar as ons daarheen wil gaan moet dit ‘n skoon dag wees, sonder wolke.  Mens gaan op met die Jungfrau Trein tot by die Jungfraujoch, (Top of Europe, 3454 meter), waarvandaan mens dan ‘n uitkyk het op die piek.  En vanoggend het die webcam gewys dat die Jungfrau toe is van die wolke, en dat daar geen uitsig is nie.  Hulle voorspel dit vir die res van die week…. maar ons sal maar sien hoe dit gaan.

Vanoggend staan ons vroeg op en vat die pad, ons eindbestemming:  Mürren.   Dit lyk nog bewolkerig, maar die weervoorspelling voorspel ‘n mooi dag en ons glo dit gaan heeltemal ooptrek.  Ons eerste stop is Wildersville (‘n klein dorpie) waar ons probeer ontbyt kry.  Maar dis te vroeg, en alles is nog toe (alhoewel daar reeds mense rond beweeg).  Ry tot by Lauterbrunne waar ons sommer broodjies koop en dit iewers tussen die bome langs die pad sit en eet.

Die omgewing is pragtig.  Ongelooflik mooi!  Ek moet myself kort-kort knyp om seker te maak dat ek wakker is en nie dalk net alles droom nie.  Dan ry ons verder tot by Stechelberg waar ons ons motor parkeer.  Van hier af vat ons die “Aerial tramway” tot by Gimmelwald, ‘n klein motorlose dorpie, waar ons oorklim in ‘n volgende kabelkarretjie tot by Mürren.

Ek kan nie eers begin om vir jou te vertel hoe mooi alles is nie.  En ons is hoog op in die berge.  Die dorpies is klein, en orals teen die berge sien mens die houthuisies van mense wat hier in die berge bly.  Soos Heidie se storie, so lyk dit hier.  Ons voel of ons die heeltyd in ‘n sprokie beweeg.  En die beeste en bokke met hul klokke is orals te sien.

Mürren is ‘n klein dorpie, 1650 meter bo seevlak, op die berge waar geen motor kan kom nie.  Hulle groot inkomste is maar toerisme, somer en winter, aangesien hier heelwat ski plekke is.  Ek verkyk my aan die huisies met hul blomme en natuurlik die omgewing.  Die gletsers wat ons om ons kan sien. 

Hier is ‘n groot sportsentrum, en dis net hier waar Marli en Walter besluit dat hulle wil gaan rotsklim, en bespreek sommer net daar hul plekke vir Donderdag.  Hulle moet Donderdag oggend al 08:30 hier wees om saam met ‘n gids die berge aan te durf.

So loop ons maar rond in die dorpie.  Die paadjies is nogal redelik steil, en gaan sit later by ‘n restaurant wat uitkyk op die berge om apfelstrudel te eet, en egte Switserse warm sjokolade te drink.  Hier kuier ons ‘n hele rukkie voor ons weer die terugtog aanpak.

Op pad terug in die kabelkarretjie, praat ons met die operator.  Hy vertel dat hulle daar in die Alpe 8 maande winter het en 4 maande “gold”.  Ek wonder of dit nie andersom is nie.  Hy vertel dat hulle in die winter tot 4000 mense per dag vervoer.  Hulle begin met hul eerste rit in die oggend 05:55 en laaste een in die aand is 23:55.

Met die terugry na Interlaken ry ons deur gedeeltes waar die huise net soos die “cuckoo” klokke lyk.  Ons wonder of mense wat nie hier bly nie, werklik weet waar die kukuk klok eintlik vandaan kom.  Indien jy meer inligting wil he, gaan lees bietjie op Wikipedia

Die pad terug neem ons na pratige uitsigpunte oor die Thun en die Brienz mere (Thunersee und Brienzersee.  

Uittreksel van website http://www.interlaken.ch/fileadmin/user_upload/media/archiv_basistexte/_en/bt_interlaken_e.doc.

INTERLAKEN – what a wonderful world!

 

It is nothing extraordinary for a place to be on a river, a lake, or by the sea. But that it is situated between two lakes is practically unique. Interlaken can be proud of this unequalled situation between the Lakes of Thun and Brienz. However, the vicinity of the mountains and the view of the world famous trio of peaks, Eiger, Mönch and Jungfrau are equally a part of this holiday resort rich in tradition, in the centre of the Bernese Oberland holiday region.

Hierdie twee mere het ‘n baie spesiale kleur – dit is ‘n diep turkoois kleur wat mens nie sommer sien op enige ander plek nie.  Vandag is dit egter grys want dit reen steeds buite.  Op die pad wat ons nou ry is daar baie tonnels.  Die pad loop ook al langs die mere en aan die anderkant van die pad is dit natuurlik berg – ons is mos in die Alpe.  Die een tonnel loop sommer so in die ander tonnel in.  Hierdie tonnels is gebou om die sneeustortings van die pad af te hou en sodoende die mense lewens in die motors te spaar. 

So kom nog ‘n dag aan sy einde. Wat ‘n wonderlike heerlike dag was dit nie!!  More, as ons gespaar word, gaan ons Zermatt toe…….. en die Matterhorn…

Maandag: 11 Augustus 2008:

Gister het ons besluit dat ek maar eers ‘n tandarts moet soek wat die gebreekte tand hopelik kan regmaak.  Alhoewel daar geen pyn is nie, is die ding maar gevoelig en is ons maar skrikkerig dat dit gaan probleme gee in Interlaken.  Maar dis baie makliker gesê as gedoen.

Marli het by haar werksmense name gekry van tandartse, en vroeg-vroeg is ons op en aan die gang.  Die plan is dat Walter en Marli met die trem na ons sal kom, en ek en Walter dan plekke omruil.  Walter en Fred gaan dan die motor laai terwyl ek en Marli teen 07:30 begin om die middestad plat loop om ‘n tandarts te kry.  Daars nie ‘n kans nie.  Almal werk op afsprake, en die een wat moontlik nog gewillig sou wees om te help, opereer vandag.  Na die hoeveelste probeerslag, besluit ons om dit op te gee.  Ek gaan die kans vat.  Ons ontmoet Walter en Fred by ‘n sentrale punt waar ons eers gou koffie drink.  Die plek se naam is “On the run”.  Is dit nou nie cute nie, want dis presies wat dit is.  Mense kom net vinnig (on the run) daar in om koffie of ‘n eetdingetjie te koop en dans hulle weer weg.

Net na 09:00 vertrek ons uit Darmstadt.  Nou is dit vinnige pad na Interlaken.  Ons kan nie wag om Switserland te sien en beleef nie.  Maar ons beplan om eers ’n draai in Frankryk, by Strasbourg te gaan maak.  Langs die pad stop ons by AXXE Restaurant waar hulle SEGAFREDO koffie adverteer.  Ordentlike Italiaanse koffie.   Na ‘n vinnige kuiertjie met koffie en ietsie te ete, is ons weer op pad.

Die AXXE Restaurant met sy Segafredo koffie.

Die AXXE Restaurant met sy Segafredo koffie.

Volgende stop, Strasbourg… oor die Rhein en ons is sowaar in Frankryk.  Dis tog jammer dat ons paspoorte nie al dié bewyse dra nie.  Ons ry deur die stad op soek na die Altstadt, want dis waar ons graag wil wees.  Die geboue, net soos in al die ander plekke waar ons was, is oud, maar baie goed opgepas.  Die strate ook maar redelik nou, en dis besig.  Dis boomryk en vol blomme.  Baie toeriste, te oordeel aan die vreemde registrasie nommers en busse wat daar rondbeweeg.  By die Altstadt aangekom sukkel ons om parkering te kry.  Ek en Fred klim solank af en wag vir Marli en Walter… en natuurlik, soos in baie van die ou stede, is die Strasbourg Catheral (of dan Cathedral of Our Lady of Strasbourg (French: Cathédrale Notre-Dame-de-Strasbourg) die een wat die eerste aandag trek.  Pragtig!!!  Hierdie katedraal is tans die 4de hoogste Kerk in die wereld, waarvan die Koln Dom natuurlik die hoogste is.  Van 1647 tot 1874 was hierdie die hoogste gebou in die wereld.  Dit huisves ook ‘n astronomiese klok .  Gaan lees bietjie oor hierdie interessantheid.

Ons het al soveel deur die geskiedenis geloop van Duitsland, Engeland en nou ook Frankryk.  Dit is ongelooflik interessant vir my, en terwyl ek my blog skryf, verryk ek my soveel meer met al die inligting wat ek op die internet verkry.  En natuurlik, nou dat ek dit self beleef het, maak dit net soveel meer sin.  Hoe kan ek ooit genoeg dankie se?

En so stap ons rond, en sien en beleef hierdie oustad, met al sy winkeltjies, eetplekke, en honderde mense wat rondbeweeg.  Terwyl ons weer so in een van die straatjies langs die katedraal op beweeg, kom ons op die volgende hotel af:  (Gaan kyk hier.)

Hotel de Rohan

Hotel de Rohan

Ook bekend as die “Cardinal de Rohan Hotel”

Hmmm….. nie geweet Rohan het ‘n hotelgroep op sy naam nie :-)

Volgende wat ons sien is ‘n straatnaam:  Rue de Rohan.  En toe besef ons die ou was seker een of ander aristokraat of bekende persoonlikheid.  En verder af in die straat kom ons toe by die “Palais Rohan” uit.  Sowaar ‘n paleis!  Nou toe nou.  Is die naam dus Frans? 

http://en.wikipedia.org/wiki/Palais_Rohan,_Strasbourg)

Palais de Rohan vanaf die Katedraaol geneem (foto vanaf: http://en.wikipedia.org/wiki/Palais_Rohan,_Strasbourg)

‘n Pragtige ou paleis waar ons toe so bietjie rondloop en natuurlik fotos neem.  Dit huisves nou drie museums, maar ons het nie na binne gegaan nie.  Die gebou het deur die jare huisvesting verleen aan baie bekende name.  Ek sien daar is ook ‘n Rohan Castle in Saverne in Alsace, France. 

En dis hier in Strasbourg, in Frankryk, wat ‘n “ordentlike swart man” (of sommer beggar) vir Fred vang met sy storie.  Terwyl ons vir Marli en Walter wag, loop Fred ‘n entjie weg om fotos te gaan neem in ‘n klein straatjie daar naby.  Die man kom toe nader en praat met Fred in Frans, maar hy antwoord in Afrikaans… en “oh you are from South Africa” is die response, en begin hy met sy storie van sy vrou wat van Jo’burg af kom en bla bla bla.  Maar Fred met sy sagte hart glo op daardie stadium die storie.  Intussen het Walter hulle by my aangesluit en vra ek dat Walter moet gaan kyk wat aangaan.  Nou ja…. mens kom blykbaar nie weg van hierdie soort ding nie!

Nou ja, na die heerlike kuiertjie in die Altstadt, is dit tyd om verder te gaan.  Ons ry natuurlik die heel tyd nog met ‘n GPS, wat dinge baie makliker maak, maar ons ook al lekker laat rondry het op paaie wat ons nie sou ry nie, maar wat aan die einde van die dag vir ons meer laat sien het. 

Nadat ons petrol ingegooi het, beplan ons om dadelik terug te draai Duitsland toe, en met die A5 Interlaken toe te gaan.  Maar ons GPS besluit toe nee, dis nie hoe ons dit moet doen nie.  Dit reën nou, maar ons sit snoesig in die motor.  Toe ons weer sien is ons op die A35, en ry ons deur die country side van Frankryk.  Toe doen ons dit maar behoorlik, en geniet ons omgewing.  By Basel gaan ons oor die Switserse grens waar ons gestop word.  Maar hulle het net so een kyk deur die motor gegee en ons laat verder ry.   Ons klim op die A2 Suid en ry deur ‘n klomp tonnels in die rigting van Bern.  Ry deur die Switserse Middelande en op die Alpe!!  Kan jy dit glo!  Ons is in Switserland, en ry op die Alpe!!!  Almal is opgewonde, en dit reen buite.  Te veel dat ons kan fotos neem.  Die omgewing is wonderskoon.  Ons is verstom.  En as dit is hoe die volgende paar dae in Interlaken gaan wees, sal ons dit so aanvaar.  Maar die hoop beskaam nie!

17:25 en dis 17 grade buite.  Ons is hoog op in die berge.  Hoe verduidelik ek my gevoel?  Ek kan nie in woorde uitdruk wat in my hart omgaan nie.  Dis te groot, te veel.  Selfs die prentjies en fotos wat ek al van Switserland gesien het, lyk maar minderwaardig van wat ek nou voor my oë sien.  Ongelooflik mooi!  Al is dit koud en nat buite, is dit steeds wonderskoon.  Die bome langs die pad is baie dig.  Alles is groen.  Dis definitief somer in Switserland.

Uiteindelik arriveer ons in Interlaken.  Eers moet ons kos kry vir ten minste vanaand en dan soek ons ons verblyfplek.  Harderstraat 54.  Ons bly in ‘n woonstel op die 3de vloer.  Dis ‘n ou huis wat in drie woonstelle omskep is.  Ons is heel bo en het die mooiste uitsig.  Dis ook baie sentraal, naby winkels en die stasie.  Walter het gou vir ons iets te ete aan mekaar geslaan, en nadat ons uitgepak het, het ons gaan stap.  Die reen het opgehou, en dis ook nie meer so koud nie. 

Mürren lê voor môre… maar nou eers:  slaap…

Sondag 10 Augustus 2008:

Ons afspraak was dat Marli en Walter ons 09:00 sal ontmoet.  Dus het ons vroeg geroer sodat daar nog ‘n tydjie was vir ontbyt.  Vandag gaan ons ry tot in Heidelberg, en daarna weer terugkeer Darmstadt toe vanaand.  Sou ons met ‘n vinnige pad en sonder stop direk ry is dit slegs sowat 60 km.  Maar dis nie wat ons beplan nie.  Rus, rus en stop, stop tot in Heidelberg langs die Bergstrasse.  Die Bergstrasse is van die mooiste plekke om te bly in Duitsland.   Ons ry onder andere deur Seeheim en Jungenheim en stop by Schloss Alsbach.   (Vir die Engelse weergawe sien: http://translate.google.com/translate?hl=en&sl=de&u=http://www.schloss-alsbach.org/&sa=X&oi=translate&resnum=1&ct=result&prev=/search%3Fq%3Dschloss%2Balsbach%26hl%3Den%26rls%3Dcom.microsoft:en-za:IE-SearchBox%26rlz%3D1I7WZPA%26pwst%3D1

//de.wikipedia.org/wiki/Schloss_Alsbach)

Schloss Alsbach (http://de.wikipedia.org/wiki/Schloss_Alsbach)

‘n Pragtige ruine van nog ‘n kasteel met ‘n vreemde geskiedenis.  Ons loop deur en klim teen die toring uit.  Wat ‘n wonderlike uitsig van daar bo af.  En alles is so groen reg rondom ons.  Hier is ook ‘n eetplekkie, “Burgschänke” waar ons  “Handkäse mit Musik” saam met ‘n spesiale bruin brood eet as ‘n voorgereg. 

Hankäse mit Musik

Hankäse mit Musik

Dit word normaalweg voorgesit met “Apfelwein” maar ons het volstaan by appelsap.  Hierdie gereg kry mens net in die Hessiese Provinsie van Duitsland.  (Hesse is die provinsie waarin Marli werk.)  Die restaurantjie het sy eie groentetuinjie net daar by die kasteel.  Hulle haal die groente so uit die grond uit en in die pan in.  Een van die dames wat ook help met bediening wanneer dit besig raak, was die heeltyd doenig in die tuin.  Maak skoon en maak die tuine nat, en pluk wat ookal benodig word.  Amazing!  

Van hier af ry ons deur die mooiste dorpies, bosse en bome, en teen berge uit.  Die natuurskoon is asemrowend.  Die dorpies volg die een op die ander, en die een dorpie wil mooier wees as die volgende een. 

Ons ry deur onder andere Biebesheim am Rhein, Worms,  Lampertheim, Mannheim en uiteindelik Heidelberg.  Daar is so baie dorpies tussen in, dat ek nie kon byhou met al die name nie.  En ons het nie orals gestop nie.  Vir die wat ons roete wou sien, hier is die link:  http://maps.google.ca/maps?f=d&saddr=Troisdorf,+Germany&daddr=Vilich-Rheindorf+to:Konigswinter+to:Bad-Honnef+to:Linz-am-Rhein+to:Bendorf+to:Koblenz+to:Lahnstein+to:Braubach+to:Osterspai,+Rhein-Lahn-Kreis,+Rhineland-Palatinate,+Germany+to:Kestert+to:Eltville+am+Rhein+to:Mainz+to:Darmstadt+Germany+to:Biebesheim+am+Rhein+to:Worms+to:Lampertheim+to:Mannheim+to:Heidelberg&hl=en&geocode=&mra=ls&sll=49.526991,8.43544&sspn=0.241567,0.439453&ie=UTF8&ll=49.417227,8.498611&spn=0.242108,0.439453&z=11>
Ek kan nie in woorde vertel hoe mooi dit is nie.  En met fotos kan ek ook nie weergee van dit wat ek sien nie.  Duitsland is oor die algemeen ‘n mooi land, maar hierdie deel is net so besonders.

Nadat ons ‘n parkeerplek gekry het by die Altstadt in Heidelberg, is ons te voet verder om die plek te gaan verken.  Eerste wat mens sien – op ‘n afstand al – is die Heidelberg Castle .  Ons het egter nie opgegaan daarheen nie.  Dis blykbaar redelik steil en wil ons nie sonder Fred gaan nie.  Toe bewonder ons dit net van onder af.

Ons soek eers by die Hard Rock Cafe ‘n lafenissie (Marli en Walter het ‘n spesiale link met ‘n hard Rock Cafe) en daarna loop ons rond om alles te besigtig.  Die Nickar Rivier vloei deur die dorpie en ons stap tot daar en ook ‘n entjie af langs die rivier.  Dit lyk nes Cochem, waar ons vroeër in die vakansie gekuier het.  Hier was ook al verskeie verspoelings deur die jare, en word dit ook aangetoon langs die rivier tot waar die water gestyg het en in watter jaar.

Na ‘n wonderlike dag vat ons die autobahn terug Darmstadt toe.  Ons is almal redelik moeg, maar ons gaan nog eers in ‘n Duitse eetplek eet, waar ons ‘n spesiale Duitse dis op Marli se versoek moet eet.  Dankie tog ek hoef nie weer ‘n besluit te neem oor wat ek wil of moet eet nie!  Al die vreemde goed maak ‘n ou se kop maar deurmekaar.

By Darmstadt Ratskeller (House Brewery) op die Markplatz is waar ons ons gaan tuismaak.  Dis ‘n pragtige aand!  Ons sit buite en ons drink bier…. hier sien Fred sowaar kans vir ‘n liter, waarvan hy homself goed kwyt.  En net hier raak ons almal bietjie nostalgies… en word dit net so ‘n spesiale aand wat ons met Marli en Walter deel.

En word ek ‘n “Beierse cowgirl”!  Daar is mos maar baie dialekte in Duits, en selfs in Troisdorf en Darmstadt praat hulle verskillend.  Maar iemand het vir Marli die Beierse uitspraak geleer van ‘n sekere sin, en toe maak ek ‘n liedjie daarvan.  Ag, dit was sommer net sooo lekker.

Elk geval, ons kos kom en ons eet Weißwurst.  (Ek het nou gaan oplees daaroor, en besef dat ons dit verkeerd geeet het.  En dis ‘n groot no-no in Duitsland!!.  Ons het dit met velletjie en al geeet – dis dan hoe ons boerewors eet!  Dis vreemd, om sulke wit wors te eet as mens gewoond is aan gebraaide boerewors, maar saam met die spesiale soet mosterd was dit ‘n heerlike ete.

Na ‘n bedrywige, maar heerlike dag, vol ondervindings en nuwe dinge, vind ons ons pad terug na ons roos hotel toe, en val sommer dadelik aan die slaap.  More is vol nuwe uitdagings… en dan … uiteindelik…. SWITSERLAND.

08/09/2008:  Dis sowaar al ‘n week vandat ons verlede Maandag oggend tuis gekom het.  Vanaf 30 grade in Frankfurt Sondag middag tot 4 grade Maandag oggend by Cape Town International.  Wat ‘n skok vir die sisteem.  Maar ons het tog geweet dat dit nog winter is, maar nie dat die Kaap van Storms sy naam gestand gedoen het oor die naweek nie.  Blykbaar het hier Saterdag nag ‘n wind gewaai wat havoc gesaai het.  Gelukkig het ons geen skade gehad nie.  En daarvoor is ons baie dankbaar.

Fred het weer Woensdag begin werk….. ek kry hom so jammer dat hy so vroeg moet opstaan!!!  Ek kon nie rigting kry nie, veral toe ek skielik weer heeldag alleen is, en het eers teen verlede Vrydag die laaste goed in die tasse uitgepak. 

Die afskeid was maar swaar verlede Sondag, maar die belofte van volgende jaar op Johnniesdale was daar.   Ons moet maar kyk wat die tyd oplewer…  Ons mis ook die katte wat al so deel geword het van elke dag.  Gelukkig het ons kinders hier naby ons, en ook twee hondekinners vir wie ons gister gaan hallo se het.  Die twee honde was so bly om ons te sien, en ons vir hulle!  Die troeteldiere klim darem diep in ‘n mens se hart in. 

Ek gaan nou so stadig aan begin vertel oor ons Switserland trippie.  Al is dit nou al ‘n rukkie gelede, is elke oomblik nog ingraveer.  En natuurlik het ek aantekeninge gemaak sover ons gery het.  Praat nie eers van die fotos nie!

Saterdag : 9 Augustus 2008

Walter het vir ons ‘n motor gehuur vir die week. ‘n Swart Skoda Roomster.  Hy het dit gistermiddag gaan haal en vanoggend 09:30 het ons vertrek uit Troisdorf.

Marli Walter en Fred - ons is op pad Switserland toe

Marli Walter en Fred - ons is op pad Switserland toe in ons swart Skoda

Ons beplan om vanaand in Darmstadt te slaap.  Marli en Walter sal dan in haar woonstel slaap en ek en Fred in ‘n hotel daar naby.  Sy het net ‘n kamer wat sy huur in ‘n groot woonstel, en kan dus nie meer mense daar ontvang nie.  Dit is net plus minus 180 km van Troisdorf af, maar daar is so baie om te sien langs die pad.  Ons gaan al langs die Rhein River  af ry en probeer om by elke ou dorpie af te draai, of waar ons iets interessants sien.  Om so langs die Rhein af te ry, is wonderlik.  Die bome, plantegroei en die lande van die boere is so pragtig.  En orals sien jy bote op die rivier.  En die dorpies waardeur ons ry is ongelooflik mooi.  Die blomme in die blombakke, op die vensterbanke, die tuine…. en die ou geboue!

Ons eerste stop is by die Drachenfels Castle.  Of liewer, die ruines van die kasteel.  Daar is baie legendes waarvan jy op die link wat ek gegee het kan gaan lees.  Die een waarop ons pertinent attend gemaak is is van die Draak wat Siegfried doodgemaak het – hier.  Die Draak van die Drachenfels vertel self sy kant van die storie vanuit ‘n “grot” wat blykbaar onlangs vir hom opgesit is.  Wanneer jy dan ‘n muntstuk ingooi, kom die “draak” uit om sy kant van die storie te vertel.

Die draak in sy grot - besig om sy storie te vertel.

Die draak in sy grot - besig om sy storie te vertel.

Met die terugkom slag – ons moes met die Drachenfelsbahn (‘n spesiale trein) op ry teen die berg, het ons afgeklim by Schloss Drachenburg…. maar nie daar ingegaan nie.  Net tot by die hek gegaan en teruggedraai.  Ons het toe al klaar amper te veel tyd bo by die ruine spandeer.

Terug by ons motor is dit eers tyd vir ete.  Ons het sommer toebroodjies en koue vleise en kaas saamgebring, en nou moet die magies eers gevul word voordat ons verder gaan.

Die volgende stop is Linz die bunte stadt am Rhein.  Dis ‘n pragtige dorpie!  Met ‘n kleurvolle geskiedenis.  Ons stap deur die Altstadt… alhoewel die hele dorpie eintlik ‘n ou stad is… maar daar is ook nuwe uitbreidings.  Die geboue is kleurvol en baie oud en is dié dorpie ‘n toeriste aantreklikheid.  In die 1300′s is die hele dorpie omtrent vernietig deur ‘n brand.  En daar is ook aanduidings van vloede wat die dorpie oor die jare gehad het…. maar hulle het elke keer weer opgestaan.  Alhoewel in Duits, is hulle website http://www.linz.de/  Ons loop deur die nou straatjies, en kyk deur die winkeltjies en stap langs die Rhein. 

Die dag het so vinnig very gegaan, en ry ons deur Darmstadt (the Ciry of Sience) toe.  Op pad ry ons deur plekke soos Dattenburg, Bad Hönningen, Dattenberg, Rheinböllen, Leutesdorf, Neuwied, Coblenz (waar ons vroeer in die vakansie ook aangedoen het).  Net hierna klim ons op die autobahn wat ons Darmstadt toe sal neem.

Natuurlik sit ons en kou in die motor.  En, k-r-a-a-k, hoor ek – en daar breek ek ‘n tand.  Agge nee…. wat nou?  Gelukkig pyn dit nie!  Moet ons ‘n tandarts soek in Darmstadt voor ons Maandag vertrek Interlaken toe, of gaan ek so bly.  Almal oortuig my ek moet liewer by ‘n tandarts uitkom.  Hmmm… ‘n baie moeilike opdrag op ‘n vreemde plek met ‘n vreemde taal!  Maar dis Maandag se probleem!

In Darmstad aangekom gaan ons eerstens na Marli se woonstel om dit te gaan besigtig en haar en Walter se bagasie solank af te laai.  Daar is nie plek vir die motor nie, en gaan dit die twee nagte by ons by die hotel slaap.  Dis ‘n pragtige woonstel.  Baie groot en Marli se kamer is lekker groot en sonnig.  Die woonstel is nog leeg omdat die ander kamers nog nie verhuur is nie, en elkeen sy eie meubels moet inbring.  Sy het ook maar onlangs daar ingetrek, en is nog besig om alles wat sy benodig vir die kamer, bymekaar te maak.  Nadat Walter sy opblaasmatras opgeblaas het, en als reg is net vir slaap die aand, is ons weer in die Stoda.  Net eers gaan inboek by ons hotel en dan gaan ons die stad verken.

Marli neem ons na haar werksplek om te sien hoe dit daar lyk.  Sy werk by CST en is dolgelukkig by hulle.  By die ingang na hul kantore ontmoet ons een van haar kollegas wat iets kom haal het.  En dit is vir ons baie snaaks, maar orals waar ons later rondloop, loop sy iemand van CST raak wat sy ken.   Langs hulle kantore is die mooiste gebou:  “The Hundertwasser House” wat gebou is deur ‘n bekende Australiaanse argitek.  Hy was bekend daarvoor dat hy “vreemde” ontwerpe gebruik vir sy geboue.  Gaan lees maar bietjie op en sien hoe mooi en ongewoon dié gebou is.  CST se kantore is op ‘n groot plein gebou, waar verskeie winkels en kantoorgeboue op uitloop.  Daar is orals bankies waarop mense in hul etenstye kan gaan ontspan, en ook eetplekke.  Marli hulle het egter hulle eie kantien waar sy altyd haar middagetes eet.

Ons bly in die Hotel Zum Rosengarten.  ‘n Pragtige hotelletjie wat sy naam gestand doen.  Dis vol rose.  Binne en buite in die tuin.

Nadat ons formaliteite daar afgehandel is, vat ons die pad te voet om die dorp te gaan verken.  Ons eerste mikpunt is “Der Herrngarten” – ‘n pragtige park wat agter die Hessisches Landesmuseum geleë is.  Dit is in tipiese Engelse tuin styl uitgelê en is die oudste park in Darmstadt – dateer uit die 16de eeu.  Daar is verskeie kleiner tuine binne in die tuin en ook die grafsteen van die “Landgravine Karoline” – wie sy ookal mag wees.  Hier is natuurlik ook ‘n plekkie waar mens jouself kan verfris met ‘n koeldrankie of so iets – en natuurlik hope voetpaadjies.  Hier is baie mense.  Dis ‘n wonderlike mooi aand, en almal stroll.  Gedeeltes van die Universiteit grens ook aan die tuine, en is daar dus altyd baie jong mense.

Van hier af loop ons na die middel van die stad – ‘n plein waar al die busse en trems bymekaar kom, die “Luisenplatz”  Wat veral baie snaaks is aan hierdie plein is dat al die busse en trems op DIESELFDE tyd daar aankom, en na ‘n paar minute ry almal weer op DIESELFDE tyd.  Dit is so vreemd om dit te beleef.  Een oomblik is die plein leeg, met net mense wat daar rondstaan, en binne oomblikke is daar net busse en trems waar jy kyk.  En mense wat hardloop van een na die ander vir ‘n aansluiting na verdere bestemmings.  En as jy jou oë uitvee, is almal weer weg.  Dit was baie vreemd.  Dis ook waar Marli omtrent elke dag rondbeweeg.  Alhoewel sy met haar fiets werk toe en terug ry, maar as dit koud en nat is gebruik sy openbare vervoer.

Nadat ons ‘n paar uur rondgestap het, gaan eet ons by ‘n Italiaanse restaurant waar ons pizza en pasta eet en met bier en ‘n glas wyn vir my die besige dag afsluit.  Teen 23.30 is ons by die hotel en val sommer dadelik aan die slaap met die vooruitsig van Heidelberg more.

Gaan kyk ons fotos by http://picasaweb.google.com/Engelevrou/OpPadNaInterlakenSaterdag9September2008#

08.37:  Ons het klaar ge-eet.   Dit is ‘n wonderlike mooi aand buite en ons het die tafel en stoele van die stoep af gedra en onder op die gras gesit waar Walter gebraai het.  Die bierbrood was lekker – ek en Marli drink hier by die huis hierdie bier, en vanaand het ons besluit dat ons dit gaan gebruik vir die bierbrood.  Die resultaat?  ‘n Pragtige gerysde brood met ‘n salmon pink kleur.  Die grapefruit het nie aan die smaak verander nie, maar wel die kleur.  Dit was lekker pret.

 10:22:  Nou groet ek finaal vanaf Duitsland.  Dis nou slaaptyd.  Ons moet al 09:00 more loop om by die bus uit te kom.  Na die busrit nog 3 treine en ‘n paar uur later voor ons die mense by die lughawe moet oorreed dat ons tasse nie te swaar is nie :-)

Dankie vir julle wat gelees het, en vir die comments.  Dit is lekker om te weet daar is hoegenaamd ‘n lewende siel is wat saam met ons reis.  Onthou net, ons reis eindig nie hier nie!  Switserland met al sy ervaringe moet nog beskryf word.  En natuurlik ons terugvlug more.

Tot ons weer gesels….. mooiloop!

Ek moet net gou vertel van die bure, Wilfried en Edda. 

Nadat ons vanoggend opgestaan het, het ons ‘n lekker Johnniesdale ontbyt gehad op die stoep.  Soos ek vanoggend voorspel het, het Duitsland sy beste baadjie aangetrek om ons te groet, en dit is ‘n sonnige wolklose dag.  Dis nou 15.50 en dis steeds 29 buite.  So ons het lekker gekuier, en ge-eet.

Ons het vir die bure elkeen ‘n klein geskenkie gekoop – dis nou die twee pare, Wilfried en Edda asook Gert en Monika, wie baie vriendelik teenoor ons was en veral natuurlik teenoor Marli en Walter vandat hulle hier aangekom het.  Elk geval, ons neem toe die geskenkie na Wilfried hulle toe.  En toe kon dit nie ho-er of laer nie, maar nou moet daar eers ‘n bier gedrink word, wat toe twee word, en toe moes ons eers hulle schnaps proe.  Volgens Marli het hulle ‘n GROOT verskeidenheid daarvan.  Ons wou eers nie, maar Marli se hulle gaan in die gesig gevat voel, en nou ja, what the heck!!  Baie lekker, maar baie soet, en moes Walter maar help.  Ons is nie gewoond om saam met die Duitsers te party nie!  Wilfried kan Engels praat, maar nie een van die ander nie.  Maar hulle is baie gawe mense, en eks bly dat Marli en Walter sulke bure het.

Ons het darem makliker weggekom by Gert en Monika.

Vanaand gaan ons vir die laaste maal hierdie vakansie saam vleis braai.  Ek gaan nou gou bierbrood bak…. hoekom dan nou nie?  Dis mos deel van die Duitse kultuur.

A Misty Morning in Troisdorf

A Misty Morning in Troisdorf - Marli en Walter se tuin

En so breek ons laaste dag in Troisdorf aan.  ‘n Mistige oggend buite met die belofte van ‘n mooi dag.

Walter het gister teruggekom vanaf Amerika, en ons het gisteraand by ‘n Brauhaus gaan eet.  Lekker schnitzel waarvoor die Duitsers so lief is, en vir natuurlik bier gedrink. 

By die Brauhaus

By die Brauhaus

Dit was weereens ‘n wonderlike aand.  Walter wou nog sy Amerika fotos vir ons wys, maar hy het nog jetlag en was baie moeg nadat ons by die huis gekom het.  Hy het sommer dadelik gaan slaap.

Ons weet nog nie wat ons vandag gaan doen nie, maar ek glo ons sal maar net vir oulaas lekker saam kuier.

Ek voel op hierdie stadium maar goed in twee geskeur.  Ek is dankbaar vir ‘n wonderlike, onvergeetlike 3 maande wat ons saam met Marli en Walter kon deurbring.  Aan die ander kant wil ons (en moet ons) terug gaan huis toe.  Dit voel of my hart in twee geskeur is.  Dis maar nie maklik as ‘n mens se kinders so ver is nie.  Ons is egter gelukkig om vir Rohan en Eldre naby ons te he in die Kaap,  En Mark hulle in PE, wat ook darem redelik vinnig bereikbaar is.  Alhoewel ons hulle nie so gereeld sien nie weet ons hulle is relatief naby.   Gelukkig met tegnologie vandag is niemand regtig ver nie.  Maar ons verlang tog na die persoonlike kontak.  

Klippe, maar eks tranerig vanoggend.  Nee wat, dit sal nie deug nie.  Daar is nog ‘n dag voor en van hierdie dag moet ons die beste maak.  En more is ons ook nog bymekaar, alhoewel ons seker die grootste deel van die dag op die trein sal wees.

Ons koffers is swaar.  Te swaar.  Dis maar sad dat mens so min gewig toegelaat word.  Ons vertrou maar vir die beste.  Ons het gister omtrent gemeet en gepas en geweeg.  Eintlik was dit nogal pret. 

My gedagtes wil nie vanoggend orden nie.  Afgesien van die hartseer, is daar allerlei last minute goed om aan te dink.   En kom ek op hierdie liedjie en woorde van Karla du Plessis af:

afskeid is maar nie maklik nie                                                                                                                        jy jy wat jou op die wysheid roem
wie sou jy die swerwer noem:
die een wat sonder afskeid ry
of sy wat eensaam agter bly?
of wie?

wie sou die ware swerwer wees
die een wat reis, die een wat lees
die enk’ling op sy slentergang
of elkeen wat na iets verlang
of wie?

wie sou die ware swerwer wees:
die een te voet, die een in gees
die een wat deur die ver land stryk
of hy wat deur die rookmis kyk?
of wie?

jy wat jou op die wysheid roem
wie sou jy die swerwer noem:
die een met tas en reisbiljet
of elkeen wat nog drome het?
of wie?

Dis nie heeltemal van toepassing nie, maar vanoggend relate ek goed hiermee. 

Dankie aan Marli en Walter, en Rohan en Eldre wie hierdie vakansie vir ons moontlik gemaak het.  Dit was ‘n wonderlike tyd hier in die vreemde, en ‘n baie interessante ondervinding.  Ek, en ook Fred, sal dit nie maklik vergeet nie.  Dankie dat julle huis vir ons oop was en julle jul lewens vir 3 maande met ons gedeel het.  Dit was spesiale tye wat ons saam kon vakansie hou – gelukkig het ek BAIE fotos om ons daaraan te herinner:-)

Hierdie gaan seker my laaste blog inskrywing wees voor ons weer by die huis is.  Ek moet nog ons stories vertel van Switserland, maar dit dan tot….. ‘n volgende keer.

30 Julie 2008:  Ons laaste dag in Engeland.  Hoe het hierdie week nie gevlieg nie!

Vroeg vanoggend het ek wakker geword.  Ons het nog nie een “misty morning” beleef vandat ons hier is nie,  Moontlik is dit vandag so.  En my hoop is nie verydel nie.  ‘n Mistige oggend oor Chiddingstone.  Vinnig my kamera gryp (almal het nog geslaap behalwe Dave wat al op en aan die gang is) en afloop na die lake.  Wat ‘n pragtige gesig!  As ek net nog vroeer was, sou die mis dikker gewees het, want nou is die son al uit en is dit besig om die mistigheid te verdryf.

A Misty Morning at the Lake

A Misty Morning at the Lake

 Gaan kyk vir nog fotos hier

Later stap ons weer village toe en vandag gaan ons ook kyk na die sandsteen rots waar die dorpie en kasteel sy naam vandaan kry.  Volgens oorlewering is hierdie steen in antieke tye gebruik as “a seat of judgement” vir “nagging wifes or wrong-doers”.  Gaan lees die storie hier

Nadat ons bietjie by die klip gekuier het, het ons nog ‘n voetslaan pad uit die dorp uit betree en weer deur die veld en lande gestap.  Fred het dit gate uit geniet om die koringlande te sie en het selfs vir ons ‘n bietjie koring gedors sodat ons dit kan proe.

Fred dors koring

Fred dors koring

Na ‘n lekker stappie is ons weer tuis maar gaan stap ons nog ‘n bietjie op die gronde van die kasteel om vir oulaas ‘n paar fotos te kry.  Al die mistigheid is verjaag en is dit ‘n wonderlike mooi somersdag.  Ons neem nog ‘n paar “reflections” fotos by die lake waarna ons en Heather en Dave vir oulaas saam eet en lekker kuier.

Dit was vir ons heerlik om hier te kuier.  Die feit dat ons in ‘n kasteel gebly het, het die hele week vir my net meer geromantiseer.  Terwyl mens net in Suid Afrika bly en nooit die buiteland sien nie, het mens hierdie idee van dat daar nie mooier plekke iewers op aarde is nie.  Maar nou besef ek dat elke land seker sy eie mooi plekke het.  Kent is beslis so ‘n deel in Engeland.  Geen wonder dat dit die Garden of England genoem word nie.  Hier het ek ook ontdek dat ek my voorliefde vir die antieke stories maar mag uitlewe.  Die kastele en hulle geskiedenis het ‘n nuwe wereld vir my oopgemaak.

Ons vlieg die oggend van die 31ste terug.  David het ons al 05h00 by Gatwick afgelaai waar ons ‘n bus gekry het Heathrow toe.  En van daar af terug huistoe, Duitsland en Troisdorf.  So met die opstyg van Heathrow af kry ons ‘n blik op  die Concorde (lees die storie hier )

Die Concorde by Heathrow

Die Concorde by Heathrow

Tydens die opstyg vestig die vlieenier ons aandag op die Airbus 380 wat by ons verby vlieg.  Wat ‘n kollosale en pragtige lugvoel.  Gaan lees bietjie hier  en kyk hier hoe hy lyk as hy op die grond staan.  So het ons nogal baie excitement gehad vir een oggend.
Teen 13h00 is ons terug by Cologne-Bonn lughawe.  Wat ‘n wonderlike week was hierdie nie.  Dankie aan Dave en Heather (Lord and Lady Chiddingstone) dat ons by julle kon kuier en dat julle ons so rond geneem het.
Daarmee dan vaarwel aan Kent en Engeland ……