Die tyd staan nie stil nie!  Die dae loop so vinnig in mekaar in dat dit voel of mens op ‘n trein sit op pad na êrens en die wiele bly rol en rol……

Daar het so baie dinge in ons lewens gebeur die afgelope tyd dat dit voel of  ek nie heeltemal kan byhou nie.  Fred het weer in die hospitaal beland.  Sedert hy Desember ook 2 stents gekry het, was hy nog glad nie weer homself nie.  Daarom was die skok soveel erger toe hy weer moes ingaan.  Daarna het hy besluit om nou finaal af te treë… hy kan nie meer die werk hanteer nie.

Tyd vir nog veranderings in ons lewe.  Vergaderings met al ons kinders, en insette,  en daarna met Kobus, vir wie ons ewig dankbaar is vir al sy tyd en hulp wat hy verleen.  Aanpassings wat moet gedoen word ens.  En natuurlik iets wat nou baie punte tel is ons vrye tyd!

Ons sou oorspronklik, toe dit 2 maande gelede gereël is, vir ‘n naweek na Marie en Joep toe gaan in Onrusrivier… maar aangesien ons mos nou tyd op hande het, en Fred siek is, het hulle ons genooi om sommer so 10 dae daar te kuier.  Dit was heerlik en ontspanne.  So 2 dae koelerig gewees, maar verder die mooiste weer.

Eina! Die water is dan koud man!

Eina! Die water is dan koud man!

En natuurlik het ons die hondjies so geniet.  Ontmoet vir Benji en Ziggi, die ou kleintjie.  Moenie dat sy grootte jou mislei nie – hy is al 4 maande oud.

Dis nou tyd vir toutrek... ek dink Benji leer vir Ziggi hoe om dit te doen:-)

Dis nou tyd vir toutrek... ek dink Benji leer vir Ziggi hoe om dit te doen:-)

Agge nee Ouboet.. ek kan nie bykom nie!!

Agge nee Ouboet.. ek kan nie bykom nie!!

Ons het egter die naweek wat verby is vir Nicolas en Jody gaan oppas…. en hulle het soos reuse gevoel teenoor die kleintjies van laas naweek.  Die diere kruip darem so diep in ‘n mens se hart in.