Ons besoek aan Interlaken is nog nie volledig vertel nie…..
Donderdag : 13 Augustus 2008:
Marli en Walter roer vroeg, want hulle gaan mos vandag berg klim by Muerren. Hulle moet al teen 08:30 daar wees…. en dit beteken hulle moet al teen 06:00 vertrek. Ek en Fred het daarna stadig begin opstaan – ons het geen definitiewe planne vir die dag nie. Gaan net in die dorp rondloop en shop aan persentjies om saam terug te neem huis toe. Lekker Switserse sjokolade ens.
In die middel van Interlaken Wes is daar ‘n groot “platse” – groen grasperke en baie blomme. Terwyl ons daar ‘n oomblik vertoef, sien ons hoe ‘n klompie paracliders die een na die ander neerstryk op die gras. Diep in my hart was die begeerte altyd daar om dit eendag te doen – maar dit is so diep weggebere, dat toe dit skielik te voorskyn kom, ek my boeglam skrik….. Maar ek het dan hoogtevrees…. hoe verstaan ek myself dan nou? En net daar se ek vir Fred dat ek dit wil gaan doen voor hierdie dag om is.
Ons ondersoek die moontlikheid by die kiosk waar die kaartjies verkoop word, maar ek besluit toe dis te duur. Hoe sterker die moontlikheid geword het, hoe groter het my vrees geword. So ek was bly om ‘n verskoning te he!
So loop ons heerlik rond in die dorp. Daar is so baie om te sien en te beleef!
Teen 14:00 is ons op pad huis toe toe Marli bel. Hulle is tuis en wag vir ons aangesien ons die sleutel het en hulle nie kan in die huis inkom nie. Hulle kan nie uitgepraat raak oor hulle ondervinding nie. Om haar eie woorde te gebruik, haal ek die stuk wat sy daaroor geskryf het hier aan:
“For a while now I have been feeling this need to go rock climbing again. I used to love doing it, many years ago and I have always thought that it is the most exchilirating form of exercise there is… So, with this itch in me, and the knowledge that we were going to the Alps, the dream started to build that I wanted to lay my hands on the rocks of the Alps. I could not imagine a more perpect place in which to relive this old pleasure.
The first day after arriving in Switzerland, we headed up to Muerren, a town with arguably may have the best view of a mountain in the World. With this thought in the back of my head, I was happy to immediately see an advertisement for ‘Klettersteig’. I knew that ‘klettern’ means to climb, and I thought that ‘steig’ means to go up, so I figured that this is what I wanted to do.
Since I haven’t done any real climbing in about 8 years, I figured that I needed a guide. Also, the benefit of having a guide is that they bring all the necessary equipment with them.
We immediately reserved a spot for early Thursday morning to go on our first ever ‘klettersteig’ in the Swiss Alps. I think we did not fully understand exactly what a ‘klettersteig’ meant, but knew that we would be able to do whatever it turns out to be.
What was important to me, was to climb this most beautiful mountain. I wanted to feel my body move in harmony with this majestic rock, to become tired, to feel the sweat on my body, to breath the air of this ultra clean environment. I wanted to experience this beauty with all my senses…. not only with my eyes, but with my skin, my hands, to breathe it, to be part of it…
There is nowhere in the world that is more inspiring than the Alps in Switzerland. The enormity of the beauty leaves me overwhelmed. I find that I have to come back again and again to see it, to become part of it…
And then the day arrives, and we arrive in Muerren for the start of our Klettersteig. As it turns out, a Klettersteig means that it is a bit like a hike through the mountains, but with the assistance of metal ropes and in certain places, also ladders.
It was a bit strange for me, because it was so much easier than doing proper rock climbing… when I climbed on the ladder, it felt like I was cheating, since it should be much harder….
I will send pictures later, and also talk a bit more about the climb, but for now all I wish to say is that it was an interesting experience… As a rock climbing experience, it was not very difficult. There was a distinct absense of the usual fear of death I have when climbing…!
Before I started the climb, I wondered if I would still have such ‘Angst’… Would I still be as petrified as I used to be when climbing? I thought that it may have changed, since in the past few years I have experiences so many scary and new things…
And then there was no fear. We did the whole climb, including some truly impressive rope bridge crossing… and not once did I feel any fear…
I think I have lost my fear of heights completely… Something about my life has made me see things in perspective. I have realized that when the illusion of safety is there, then one can easily lose all fear… It is just a pity that one cannot always tell what is an illusion and what is real.”
Dit het Fred nie lank geneem voor hy alles uitgeblaker het nie, en toe Marli en Walter eers hoor van die paracliding was daar geen einde nie. Al die tyd het ek vir myself gese dat ek dit moet doen terwyl die geleentheid hom voordoen, en gaan ek nie jammer wees dat ek dit dalk nie gedoen het nie. Ja, die vrees vir die onbekende was daar, maar ook die wete dat ek tog nie alleen gaan sweef nie.
Na ‘n vinnige middagete vat ons weer die pad dorp toe. Dit was in elk geval seker omtrent 500 meter van ons huis af na waar die beginpunt en bymekaarkomplek was. Ek wou nog uitstel na more, maar toe die meisie vir ons se dat sy nog ‘n plek oophet vir 16:30 (oor bietjie meer as ‘n uur) was die koeel deur die kerk! Ons betaal die kaartjie, en toe begin die groot wag.
Skielik het ek net rustig geword toe ek besef dat die kaartjie nou gekoop is, en daar geen terugdraai kans meer is nie. En toe kon ek nie wag nie!
By die beginpunt aangekom het ons almal eers spesiale skoene gekry om aan te trek en toe is ons met ‘n bussie teen die berg uit na waar ons sou begin vlieg. In die bussie het die instrukteurs, wie ons dadelik op ons gemak gestel het met hul grappies, ons aan mekaar voorgestel en ‘n oorsig gegee oor waaroor dit alles gaan.
En so begin een van die groot hoogtepunte van ons vakansie. Bo aangekom het die instrukteurs die toerusting begin regkry en is ons verder touwys gemaak oor wat van ons verwag word, en wat ons kan verwag. Dit was vir my ‘n groot deurbraak oor myself dat ek, vandat die besluit geneem is, geen vrees ervaar het nie. Dit was asof iets of iemand binne in my oorgeneem het, en al my vrees net verdwyn het. Die adrenalien het woes geklop, maar geen vlinders op die maag nie.
Ons opdrag was om saam met die instrukteur te hardloop en nie op te hou voordat ons in die lug was nie. Ek het nogal gewonder hoe doen ‘n mens dit, maar dit het so natuurlik gekom. Na ‘n fotosessie saam met die instrukteur met sy kamera wat saam is om alles vas te le op fotos, het hy my gehelp om vasgegordel te kom en reg te maak vir die “van die berg af hardloop”. Wat ‘n ondervinding!! Ek kan nie eers naastenby vertel hoe ek dit ervaar het nie – is nie naastenby genoeg van ‘n skrywer om die ervaring in woorde uit te druk nie.
Voor ek mooi besef wat aangaan toe sweef ons….. en die woorde “discover why birds sing” word ‘n werklikheid. Hulle sing omdat hul so vry is… om te kan vlieg hoog bo die berge en riviere (of in die geval die 2 mere) en net vry te wees…. hoe ongelooflik is dit nie!